Dit maak my bekommerd dat die Afrikaner in die algemeen nie weet hoe die
regering werk onder die ANC nie en dit maak my meer bekommer dat die DA en die
VF hul kieser nie inlig dat die nuwe regering baie meer toeganklik is as die vorige
regering.
Om te weet hoe die ANC regeer is dit eerstens van belang om te weet hoe die
nuwe vorm van regering werk, maar kom ek begin eers by die alliansie.
Die ANC is baie intelligente politieke organisasie, miskien nie altyd so
slim by die bestuur van ‘n moderne regering nie, maar hul is vrek slim polities,
kyk maar wat by Kodesa gebeur het.
Die ANC werk op die beginsel van die Amerikaanse politieke partye wat
eintlik alliansies van verskillende groeperings is. Die republikeine is ‘n
samestelling van Wall Street Republicans, Main Street Conservatives,
Evangelicals;
Die Demokrate is ‘n samestelling van Conservative Democratic Forum (CDF),
Americans for Democratic Action (ADA),
Democratic – Farmer Labor Party (DFL), Defense Democrats. Selfs met
verkiesings is die ANC die ander partye een voor. In die 1994 verkiesing het
die ANC een van die wêreld se top advertensie agentskappe betrek naamlik Hunt
Lascaris TBWA terwyl die ander partye met hul ou verkiesings masjiene
voortgeploeter het.
In 1999 se verkiesing het die DP ten minste een van Suid – Afrika se top
strateë, Johan Bolt, van die advertensie agentskap SBBW gekry terwyl die NNP ‘n
jong mannetjie, Christiaan Fourie, wat
Loerie gewen het met kondoom advertensies gekry het vir hul veldtog. Ons weet
toe almal wie die groot kondoom majoor geword het na die verkiesing.
‘n Baie belangrike ding wat onthou moet word oor die ANC is dat anders in
die res van Afrika waar bevrydings leers die hoofrol geneem in hul
bevrydingstryd, het die massas die hoofrol begin speel en hul beskou hulself as
die custodians van demokrasie.
Die ANC is ook ‘n samestelling van verskeier groeperinge
- Die ou chateriste wat die
gemiddelde gematigde ANC is en ook die UDF gevorm het.
- Kommuniste wat bestaan uit
Troskyiste (Kuba) en Staliniste (Rusland) en is baie meer ‘n dinkskrum. Volgens
Cronin soek hul beter fiskale dissipline en wil nie dat slegs ‘n elite
bevoordeel word nie. Ons Afrikaners is ook maar eintlik kommuniste gewees
veral in die dertigs met Solly Sachs as leier.
- Sosiaal demokrate, kom ook
uit die charteriste. Hul is besig om die stryd vir die armes weer te lui –
kyk na Boesak.
- Liberaliste wat bestaan
sedert die dae van Sol Plaatjie en hul is meestal verantwoordelik vir
ekonomiese beleid en Gear en is nie
besonder bemind nie en word gehaat deur die res.
- Die Vakbonde het ‘n groter
rol gespeel as MK in die bevryding. - ‘n vakbond in Afrika is belangrik kyk
maar na die IFP (UWUSA) en die PAC (Paso). Tans is die DA nie die werklike
opposisie nie. Cosatu is ‘n baie ryk vakbond met belange in MIG en Sig wat
oor die R2B sterk is. Verder het hul ook hul eie dinkskrum naamlik NALEDI
– National Labour and Economic development institute wat hul help om
beleid te formuleer. Wat baie belangrik is dat hul nie aan die agterspeen
gaan suig soos in ander lande na die bevrydingstryd nie. Mbeki se groot
fout is hul bydrae te misken en hul hanteer het dat hul soos die res moes
veg vir Mbeki se oor. Dit is een van die grootste probleme tussen die
interne en eksterne stryders.
- Afrikaniste – I am an African
Toespraak was juis om vir hul en die res van Afrika te wys dat hy met
Afrika identifiseer en nie Europa nie want Mbeki word baie uitgekryt as ‘n
Thatcheriet
- Anargiste
Dan is daar ander groeperinge ook:
v
Suid – Afrika
v
Robbeneiland Old Boys
Klub
v
Sadec
v
Res van Afrika
v
Oos - Europa
v
Rusland
v
Kuba
Dan ander rolspelers
v
ANC vroue liga – die
tannies regeer die townships
v
Die jeugliga
v
Sanco – South African
National Sivic Organisation
v
SANGOCO – alliansie
van NGO”s
Hoe werk die nuwe parlement
In die ou dae was dit eenvoudig. Jy speel saam met jou LP gholf en kla by
hom en hy bel die DG van die betrokke departement en die probleem is opgelos. Dit
raak bietjie ingewikkelder, maar andersyds baie meer toeganklik onder die nuwe
regering. Eerstens is daar die ministerie met die minister en sy chronies en
adviseurs wat hom bystaan. Die ministers is ‘n malle moes van almal in die
alliansie om sy magsbasis te verstewig. Tweedens is daar die DG wat feitlik net
so veel mag as die minister het en hier het Mbeki baie van sy chronies
ingedruk. Zuma gaan so bietjie sukkel om van hul ontslae te raak.
Dan is daar die parlement met sy twee kamers naamlik die Nasionale
vergadering en die NCOP. Maar eintlik is die ANC koukus die eerste huis in die
parlement, want die debatte daarbinne is baie lewendig tussen al die faksies.
Elke stuk wetgewing word hewig debat voordat dit na die Nasionale vergadering
gaan. Teen die tyd dat na die Nasionale vergadering gaan is die ANC bankvas
daaragter.
Die NCOP is waar die provinsies na hul provinsiale belange moet omsien. Die
enigste wet waar dit tot dusver baie goed gewerk het was met die waterwet waar
die twee water provinsies – Kwazulu Natal en Wes – Kaap verenig was teen die
ander provinsies.
Die komitee sisteem en om dit te verstaan is ook baie belangrik oor die
debatte wat daarin plaasvind. As ‘n stuk wetsontwerp met meer as 20% verander
word idt terug verwys na die departement toe – dus onderhandel die ANC komitee
en die departement baie met mekaar vooraf.
Nedlac is baie belangrik – dit is waar die regering, besigheid en vakbonde
mekaar ontmoet en ooreenkomste bereik onder mekaar. Dit maak eintlik die DA
baie irrelevant. Cosatu buit dit uitstekend uit as ‘n forum.
‘n Duitse ( Robert Michels) en Amerikaanse ( C. Wright Mills ) politieke
wetenskaplikes het vorendag gekom met die Elite teorie – Dit beteken basies dat
die regering alle persone of instansies wat moontlik ‘n bedreiging vir hul in
te hou akkommodeer.
Dit is een van die redes hoekom daar so baie statutêre organisasies is,
sodat die ANC beheer oor mense kan uitoefen.
Voorbeelde: Enoch Godongwana van
Numsa was vreeslik uitgesproke teenoor Gear en hy was geoormerk om die volgende
sekretaris generaal van Cosatu te word – toe maak Mbeki hom minister van
finansies in die Oos kaap regering. Membathisi Mbandla van die South African
Teachers Union SADTU en word toe later minister van Arbeid net omdat hy stil
gebly het as ander teen Mbeki skree.
Een van die grootste miskonsepsies is dat die ANC gaan skeer. Hul voel
dieselfde oor ‘n skeuring as wat die Ou natte gevoel het oor ‘n skeuring. Net
soos Madisha al gaan se het dat hy nie vir Hani in die hemel wil gaan
verduidelik hoekom die ANC geskeur het nie.
Cosatu het wel ‘n Vision 2015 daar gestel om te skeer indien hul die ANC
nie weer op koers kan kry nie en ons sien wat in Polokwane gebeur het.
En niemand weet regtig wie gaan baas wees in so skering nie!
Ander ding wat die DA mee te koop loop is dat hul na ‘n skering ‘n
alliansie met splintergroep van die ANC gaan vorm. Dit is eenvoudig nie so nie. Geen swart
groepering wil swartes uit verkoop aan die blanke kapitaliste nie – Dit gaan
nie gebeur nie.
Nog ‘n grootste miskonsepsies wat oor die ANC bestaan is die konsep dat
etnisiteit van belang is. Dit is eenvoudig
nie waar nie en moet dat niemand jul andersins wys maak nie. Lojaliteite strek
ver oor etniese grense heen.
Hoe voel die ANC oor Afrikaners!
Die ooreenkoms was gewees dat die Regering van nasionale eenheid tien jaar
sou saam regeer, want die ANC wou by die grysbaarde leer hoe om die land te
regeer.
Van Schalkwyk het FW de Klerk oortuig dat die DP steun wen omdat hul so
effektiewe opposisie is en dat die NP al hul steun aan die DP sou verloor. Na
‘n lang intensiewe debat het Van Schalkwyk gewen – en FW de Klerk het ontrek.
Groot fout want die NP het nie geweet om ‘n fight op te sit met al die inteling
van die Ruiterwag nie en baie belangrik, toe die grysbaarde nie meer politieke backing
het nie, kon die Afrikaniste in die ANC hul
uitwerk wat wel gebeur het. As jul weer wil kla oor dienslewering, gaan voeter
vir FW en Kortbroek.
Die ANC wou die Afrikaner behou in die regering van Nasionale eenheid en
het toe vir genl Viljoen genader met twee poste naamlik landbou en verdeging vir
hom en genl Tienie Groenewald. Ongelukkig was die Mulder broers se ego’s in die
pad. Ja en wie is nou weer ‘n deputy minister.
Toe nader die ANC die DP en die het die sewe te lekker onder mekaar baklei
vir die poste. Justisie is vir Leon aangebied en adjunk buitelandse sake vir
Colin Eglin. Geen haan het daarna gekraai nie.
Tog wil die ANC regte Afrikaners binne hul hê: My ANC lede het altyd vir my gevra waar is
die ware Afrikaners – dan het ek hul geantwoord, maar hul het dan vir Melanie
Verwoerd – no she is not one of us of wat van Carl Niehaus – Oh he can’t even
plant a bom!
Daar is ‘n paar opsies vir die Afrikaner in die toekoms binne en buite die
politiek.
Die buite politieke pad is deur ‘n burgerlike organisasie tot stand te
bring om met die ANC te werk, want die ANC respekteer mag.
Op die oomblik in Suid – Afrika is
daar te veel radikale NGO’s daarbuite wat die ANC se agenda bepaal. Daar is ‘n
gematigde een nodig.
Tweedens jong Afrikaners stel nie belang in huidige Afrikaanse NGO’s nie.
Niemand wil by die AB aan sluit nie want hul word nie as relevant beskou nie en word in elke geval meer gehaat
onder Afrikaners.
Wil nie by die AHI aansluit nie want hul is nie goed in sekretaresse
bliksem nie.
Meeste Afrikaners het nie ‘n kam in die kous om die FAk aan te sluit nie en
ken nie kampvuur liedjies om by die ATKV aan te sluit nie.
Die groot rede is die jeug wil nie in ‘n Afrikaner boks gedruk word nie en
voorgeskryf wat ‘n Afrikaner is nie!
Ons kyk eerstens na die politieke opsies:
Die IVP – Inkatha het ‘n groot invloed agter die skerms en die ANC luister
na hulle omdat hul eerstens ‘n tradisionele party is en Afrika politiek
verstaan ons praat binne die lekghotla.
Koos vd Merwe doen ‘n moerse job daar binne die IVP.
Ander politieke opsie is die UDM en dit is ‘n party wat groei kan toon,
omdat dit ‘n sterk magsbasis binne die Oos – Kaap en die Wes – Kaap het, maar
Holomisa verloor dikwels die plot omdat daar ‘n paar swart sakemanne en tribal
chiefs is wat hom gevange hou vir eie belang. As daar ‘n paar wit sakemanne hom
kan ondersteun kan hy deur grense breek beide in die Wes en Oos Kaap.
Moenie vir Cope afskryf nie. Die intellektuele en meer dinamiese ANC lede
het soontoe weggebreek en hul beskik oor baie knap politici. As hul maar net
hul interne gevegte uitsorteer.
En dan is daar Agang. Miskien kort ons ‘n nuwe Louis Luyt om hierdie drie
partye bymekaar te bring.
No comments:
Post a Comment