Sunday, September 22, 2013

Die regerende party en die nasionale demokratiese revolusie – ‘n blik van binne.

Dit maak my bekommerd dat die Afrikaner in die algemeen nie weet hoe die regering werk onder die ANC nie en dit maak my meer bekommer dat die DA en die VF hul kieser nie inlig dat die nuwe regering baie meer toeganklik is as die vorige regering.
Om te weet hoe die ANC regeer is dit eerstens van belang om te weet hoe die nuwe vorm van regering werk, maar kom ek begin eers by die alliansie.
Die ANC is baie intelligente politieke organisasie, miskien nie altyd so slim by die bestuur van ‘n moderne regering nie, maar hul is vrek slim polities, kyk maar wat by Kodesa gebeur het.
Die ANC werk op die beginsel van die Amerikaanse politieke partye wat eintlik alliansies van verskillende groeperings is. Die republikeine is ‘n samestelling van Wall Street Republicans, Main Street Conservatives, Evangelicals;
Die Demokrate is ‘n samestelling van Conservative Democratic Forum (CDF), Americans for Democratic Action (ADA),  Democratic – Farmer Labor Party (DFL), Defense Democrats. Selfs met verkiesings is die ANC die ander partye een voor. In die 1994 verkiesing het die ANC een van die wêreld se top advertensie agentskappe betrek naamlik Hunt Lascaris TBWA terwyl die ander partye met hul ou verkiesings masjiene voortgeploeter het.
In 1999 se verkiesing het die DP ten minste een van Suid – Afrika se top strateë, Johan Bolt, van die advertensie agentskap SBBW gekry terwyl die NNP ‘n jong mannetjie, Christiaan Fourie,  wat Loerie gewen het met kondoom advertensies gekry het vir hul veldtog. Ons weet toe almal wie die groot kondoom majoor geword het na die verkiesing.

‘n Baie belangrike ding wat onthou moet word oor die ANC is dat anders in die res van Afrika waar bevrydings leers die hoofrol geneem in hul bevrydingstryd, het die massas die hoofrol begin speel en hul beskou hulself as die custodians van demokrasie.
Die ANC is ook ‘n samestelling van verskeier groeperinge

  1. Die ou chateriste wat die gemiddelde gematigde ANC is en ook die UDF gevorm het.
  2. Kommuniste wat bestaan uit Troskyiste (Kuba) en Staliniste (Rusland) en is baie meer ‘n dinkskrum. Volgens Cronin soek hul beter fiskale dissipline en wil nie dat slegs ‘n elite bevoordeel word nie. Ons Afrikaners is ook maar eintlik kommuniste gewees veral in die dertigs met Solly Sachs as leier.
  3. Sosiaal demokrate, kom ook uit die charteriste. Hul is besig om die stryd vir die armes weer te lui – kyk na Boesak.
  4. Liberaliste wat bestaan sedert die dae van Sol Plaatjie en hul is meestal verantwoordelik vir ekonomiese  beleid en Gear en is nie besonder bemind nie en word gehaat deur die res.
  5. Die Vakbonde het ‘n groter rol gespeel as MK in die bevryding. - ‘n vakbond in Afrika is belangrik kyk maar na die IFP (UWUSA) en die PAC (Paso). Tans is die DA nie die werklike opposisie nie. Cosatu is ‘n baie ryk vakbond met belange in MIG en Sig wat oor die R2B sterk is. Verder het hul ook hul eie dinkskrum naamlik NALEDI – National Labour and Economic development institute wat hul help om beleid te formuleer. Wat baie belangrik is dat hul nie aan die agterspeen gaan suig soos in ander lande na die bevrydingstryd nie. Mbeki se groot fout is hul bydrae te misken en hul hanteer het dat hul soos die res moes veg vir Mbeki se oor. Dit is een van die grootste probleme tussen die interne en eksterne stryders.
  6. Afrikaniste – I am an African Toespraak was juis om vir hul en die res van Afrika te wys dat hy met Afrika identifiseer en nie Europa nie want Mbeki word baie uitgekryt as ‘n Thatcheriet
  7. Anargiste

Dan is daar ander groeperinge ook:
v      Suid – Afrika
v      Robbeneiland Old Boys Klub
v      Sadec
v      Res van Afrika
v      Oos - Europa
v      Rusland
v      Kuba

Dan ander rolspelers
v      ANC vroue liga – die tannies regeer die townships
v      Die jeugliga
v      Sanco – South African National Sivic Organisation
v      SANGOCO – alliansie van NGO”s

Hoe werk die nuwe parlement
In die ou dae was dit eenvoudig. Jy speel saam met jou LP gholf en kla by hom en hy bel die DG van die betrokke departement en die probleem is opgelos. Dit raak bietjie ingewikkelder, maar andersyds baie meer toeganklik onder die nuwe regering. Eerstens is daar die ministerie met die minister en sy chronies en adviseurs wat hom bystaan. Die ministers is ‘n malle moes van almal in die alliansie om sy magsbasis te verstewig. Tweedens is daar die DG wat feitlik net so veel mag as die minister het en hier het Mbeki baie van sy chronies ingedruk. Zuma gaan so bietjie sukkel om van hul ontslae te raak.
Dan is daar die parlement met sy twee kamers naamlik die Nasionale vergadering en die NCOP. Maar eintlik is die ANC koukus die eerste huis in die parlement, want die debatte daarbinne is baie lewendig tussen al die faksies. Elke stuk wetgewing word hewig debat voordat dit na die Nasionale vergadering gaan. Teen die tyd dat na die Nasionale vergadering gaan is die ANC bankvas daaragter.

Die NCOP is waar die provinsies na hul provinsiale belange moet omsien. Die enigste wet waar dit tot dusver baie goed gewerk het was met die waterwet waar die twee water provinsies – Kwazulu Natal en Wes – Kaap verenig was teen die ander provinsies.

Die komitee sisteem en om dit te verstaan is ook baie belangrik oor die debatte wat daarin plaasvind. As ‘n stuk wetsontwerp met meer as 20% verander word idt terug verwys na die departement toe – dus onderhandel die ANC komitee en die departement baie met mekaar vooraf.
Nedlac is baie belangrik – dit is waar die regering, besigheid en vakbonde mekaar ontmoet en ooreenkomste bereik onder mekaar. Dit maak eintlik die DA baie irrelevant. Cosatu buit dit uitstekend uit as ‘n forum.
‘n Duitse ( Robert Michels) en Amerikaanse ( C. Wright Mills ) politieke wetenskaplikes het vorendag gekom met die Elite teorie – Dit beteken basies dat die regering alle persone of instansies wat moontlik ‘n bedreiging vir hul in te hou akkommodeer.
Dit is een van die redes hoekom daar so baie statutêre organisasies is, sodat die ANC beheer oor mense kan uitoefen.
Voorbeelde: Enoch Godongwana  van Numsa was vreeslik uitgesproke teenoor Gear en hy was geoormerk om die volgende sekretaris generaal van Cosatu te word – toe maak Mbeki hom minister van finansies in die Oos kaap regering. Membathisi Mbandla van die South African Teachers Union SADTU en word toe later minister van Arbeid net omdat hy stil gebly het as ander teen Mbeki skree.

Een van die grootste miskonsepsies is dat die ANC gaan skeer. Hul voel dieselfde oor ‘n skeuring as wat die Ou natte gevoel het oor ‘n skeuring. Net soos Madisha al gaan se het dat hy nie vir Hani in die hemel wil gaan verduidelik hoekom die ANC geskeur het nie.
Cosatu het wel ‘n Vision 2015 daar gestel om te skeer indien hul die ANC nie weer op koers kan kry nie en ons sien wat in Polokwane gebeur het.

En niemand weet regtig wie gaan baas wees in so skering nie!

Ander ding wat die DA mee te koop loop is dat hul na ‘n skering ‘n alliansie met splintergroep van die ANC gaan vorm.  Dit is eenvoudig nie so nie. Geen swart groepering wil swartes uit verkoop aan die blanke kapitaliste nie – Dit gaan nie gebeur nie.
Nog ‘n grootste miskonsepsies wat oor die ANC bestaan is die konsep dat etnisiteit van belang is.  Dit is eenvoudig nie waar nie en moet dat niemand jul andersins wys maak nie. Lojaliteite strek ver oor etniese grense heen.

Hoe voel die ANC oor Afrikaners!

Die ooreenkoms was gewees dat die Regering van nasionale eenheid tien jaar sou saam regeer, want die ANC wou by die grysbaarde leer hoe om die land te regeer.
Van Schalkwyk het FW de Klerk oortuig dat die DP steun wen omdat hul so effektiewe opposisie is en dat die NP al hul steun aan die DP sou verloor. Na ‘n lang intensiewe debat het Van Schalkwyk gewen – en FW de Klerk het ontrek. Groot fout want die NP het nie geweet om ‘n fight op te sit met al die inteling van die Ruiterwag nie en baie belangrik,  toe die grysbaarde nie meer politieke backing het nie,  kon die Afrikaniste in die ANC hul uitwerk wat wel gebeur het. As jul weer wil kla oor dienslewering, gaan voeter vir FW en Kortbroek.
Die ANC wou die Afrikaner behou in die regering van Nasionale eenheid en het toe vir genl Viljoen genader met twee poste naamlik landbou en verdeging vir hom en genl Tienie Groenewald. Ongelukkig was die Mulder broers se ego’s in die pad. Ja en wie is nou weer ‘n deputy minister.

Toe nader die ANC die DP en die het die sewe te lekker onder mekaar baklei vir die poste. Justisie is vir Leon aangebied en adjunk buitelandse sake vir Colin Eglin. Geen haan het daarna gekraai nie.

Tog wil die ANC regte Afrikaners binne hul hê:  My ANC lede het altyd vir my gevra waar is die ware Afrikaners – dan het ek hul geantwoord, maar hul het dan vir Melanie Verwoerd – no she is not one of us of wat van Carl Niehaus – Oh he can’t even plant a bom!
Daar is ‘n paar opsies vir die Afrikaner in die toekoms binne en buite die politiek.

Die buite politieke pad is deur ‘n burgerlike organisasie tot stand te bring om met die ANC te werk, want die ANC respekteer mag.
Op die oomblik in  Suid – Afrika is daar te veel radikale NGO’s daarbuite wat die ANC se agenda bepaal. Daar is ‘n gematigde een nodig.
Tweedens jong Afrikaners stel nie belang in huidige Afrikaanse NGO’s nie.
Niemand wil by die AB aan sluit nie want hul word nie as relevant  beskou nie en word in elke geval meer gehaat onder Afrikaners.
Wil nie by die AHI aansluit nie want hul is nie goed in sekretaresse bliksem nie.
Meeste Afrikaners het nie ‘n kam in die kous om die FAk aan te sluit nie en ken nie kampvuur liedjies om by die ATKV aan te sluit nie.
Die groot rede is die jeug wil nie in ‘n Afrikaner boks gedruk word nie en voorgeskryf wat ‘n Afrikaner is nie!

Ons kyk eerstens na die politieke opsies:
Die IVP – Inkatha het ‘n groot invloed agter die skerms en die ANC luister na hulle omdat hul eerstens ‘n tradisionele party is en Afrika politiek verstaan  ons praat binne die lekghotla. Koos vd Merwe doen ‘n moerse job daar binne die IVP.

Ander politieke opsie is die UDM en dit is ‘n party wat groei kan toon, omdat dit ‘n sterk magsbasis binne die Oos – Kaap en die Wes – Kaap het, maar Holomisa verloor dikwels die plot omdat daar ‘n paar swart sakemanne en tribal chiefs is wat hom gevange hou vir eie belang. As daar ‘n paar wit sakemanne hom kan ondersteun kan hy deur grense breek beide in die Wes en Oos Kaap.
Moenie vir Cope afskryf nie. Die intellektuele en meer dinamiese ANC lede het soontoe weggebreek en hul beskik oor baie knap politici. As hul maar net hul interne gevegte uitsorteer.

En dan is daar Agang. Miskien kort ons ‘n nuwe Louis Luyt om hierdie drie partye bymekaar te bring. 

Friday, September 20, 2013

Cultural Oral History: Afrikaans Poets

Afrikaans poetry is alive and well. In 2007 during the Versindaba in Stellenbosch 35 Afrikaans poets were interviewed about the position of Afrikaans poetry in the contemporary South Africa. Poets who were interviewed range from seasoned poets like Joan Hambidge and Ampie Coetzee to debutant Bernard Odendaal. The last official interview was conducted with George Weideman before he tragically past away. The DVD was at one stage the seventh best seller in South Africa.

Ethnographic History: Die Voortrekkers Youth Study


The young white Afrikaner male is frustrated with the new South Africa – right? Wrong! For three months the ethnographer spend time with young males with his camera from students in Dagbreek in Stellenbosch to young farmers in the Free State recording their joys and frustrations in the new South Africa with surprising results.

In the contemporary South Africa there is a huge debate among academics and other intellectuals whether the young Afrikaner is disillusioned with the new South Africa.
Since the inception of the New South Africa academics and market researches was more interested in researching the needstates of the emerging markets in the new South Africa. Not much attention was paid to the emerging white Afrikaner male, but slowly organisations realised that the young Afrikaner was still around and active in a lot of activities below the radar.


The object of this project was to establish the mindset of the young Afrikaner regarding his future expectations of South Africa. The aim of the project was to spend some time with young males and observe their experiences and at the same time capture their views and emotions.

Oral Heritage Study: Antique Tractors

Whether you are an antique tractor buff, or just enjoy looking at pictures of antique tractors, The Vintage Tractor oral history is unlike anything you would expect. There are restoration stories of tractors done by novice and experienced restorers sharing how they took an old forgotten tractor and turn it into a shining, powerful and beautiful machine, fit for any showroom. These stories will warm your heart, stir your memories and even give you a chuckle as you share the moments in these stories as told by their owners. We have interviewed the owners of some of the most beautiful antique collections, sharing their love and their passion for these unique machines.